Tweede slagoffer in Springbok-skietery sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Die 24-jarige vriend van Carmen Hoffman wat in die hospitaal om sy lewe geveg het ná Carmen se man hom op Springbok in die kop geskiet het, is Vrydag oorlede.

Grace Langa, woordvoerder vir die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat, het dié nuus aan FiND iT bevestig.

Dit volg na Bileur Hoffman, ‘n polisielid van Springbok in die Noord-Kaap, verlede Saterdagoggend om 06:00 sy vrou, Carmen en ‘n vriend van haar geskiet het voordat hy sy dienspistool op homself gerig en homself om die lewe gebring het.

Langa het bevestig die saak word tans deur Opod ondersoek.

Carmen (32) is volgens Langa in haar regterskouer, regterarm en in haar heup geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Carmen se vriend, ‘n 24-jarige man, is in sy kop geskiet en is Vrydag oorlede.

Volgens Langa is Hoffman se liggaam in sy motor op die Carolusberg-pad gevind.

Lees die vorige berig hier.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.