Die gemeenskap van Groblersdal in Limpopo is in rou ná die dood van drie matrikulante van die Hoërskool Ben Viljoen.
JG Greyling, Stiaan Grobler en Conrad Meiring is op 3 Desember in ‘n motorongeluk op pad na hulle matriekvakansie op Hartenbos oorlede.
Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die gebeure word nog ondersoek. Luidens ‘n voorlopige ondersoek kon die polisie vasstel dat ‘n Lexus met vier insittendes in die rigting van George op pad was toe die bestuurder beheer oor die motor verloor het.
Drie insittendes is oorlede en ‘n vierde is in die hospitaal behandel voor hy later ontslaan is.
“Dis ‘n droewige dag met die verlies van hierdie jong manne,” skryf Hoërskool Ben Viljoen op sy Facebook-blad. “Leerders vir wie avontuur deel van hulle lewenswyse was. Met ‘n glimlag het hulle die lewe aangepak. Elkeen met sy eie toekomsdrome en ideale. Altyd goedgemanierd en op hulle plek, staatmakers op verskeie terreine.”
Boodskappe van medelye stroom intussen in op sosiale media.
‘n Kranslegging sal op 7 Desember vanaf 08:00 – 10:00 by die skool se vierkant vir die drie ontslape matrikulante plaasvind.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Lees ook: Polisielid skiet sy vrou, haar vriend, toe homself
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



