‘n Nuwe lewe na twee tienerswangerskappe

Deel hierdie storie / Share this story

Jody Matthysen (20) vertel vol hoop hoe sy op 15-jarige ouderdom en toe weer op 16 jaar oud onbepland swanger geraak het en nou besig is om haar onderwysgraad te voltooi. Sy wil op dié manier ‘n beter toekoms vir haar en haar kinders verseker.

Jody het haar eerste baba op 15-jarige ouderdom gekry. Sy was in die Sekondêre Skool Ladysmith en sê sy is deur ‘n baie moeilike tyd. “Mens besef in sulke situasies wie jou regte vriende is. Daar was vreeslike verwyte en oordeel van baie mense af, omdat dit ‘n tienerswangerskap was. Maar ek het my nie aan die mense gesteur nie. Ek het gefokus op my skoolloopbaan.”

Jody het in 2017, op 16-jarige ouderdom, toe weer swanger geraak. “Tienerswangerskap is nie iets waarop ‘n mens trots kan wees nie, maar my familie het my baie ondersteun.”

In haar matriekjaar was Jody Dux-leerling en ook die toppresteerder in die matriekeksamen. Ná skool het sy gaan onderwys studeer en het vanjaar, in haar derde jaar by die universiteit, weer swanger geraak.

“Om jou baba as tiener te hê en vir hom of haar lief te wees, is beter as om ‘n klein en onskuldige baba se lewe te neem deur ‘n aborsie. Daar was baie moeilike dae wat ek gevoel het ek wil opgee, maar ek het gefokus gebly. En ek het heeltyd gedink aan die gebroke lewe wat my baba sou hê as ek hom laat aanneem.”

Jody se kinders is jou vyf en vier jaar oud en sy is sewe maande swanger met haar derde.

Volg FiND iT hier op Facebook.

LEES OOK: Vier leerlinge dood in skoolskietery, 15-jarige in hegtenis