January 26, 2022

Frances Baard distrik-burgemeester lewer aanvaardingstoespraak

Frances Baard distrik-burgemeester gee aanvaardingstoespraak

Frances Baard distrik-burgemeester gee aanvaardingstoespraak

Die nuwe uitvoerende burgemeester vir die Frances Baard-distriksmunisipaliteit, Unondumiso Buda, het vandag haar aanvaardingstoespraak gehou.

Die seremonie het by die Frances Baard-raadsaal plaasgevind.

Cynthia Mothibi is as die Speaker aangestel ná die stemmery by die raadsale plaasgevind het.

In haar aanvaardingstoespraak het Buda gesê: “Ons gaan almal saamwerk om seker te maak dat ons die munisipaliteit vorentoe neem.” Sy het al die betrokke politieke partye bedank en gesê dat sy die eer nie ligtelik opneem nie. “Ek is nederig oor die vertroue wat julle in my het dat ek as die vyfde uitvoerende burgemeester van die Frances Baard-distrik verkies is.”

Die nuwe raad bestaan nou uit 29 lede. In die verlede was dit 27.

15 van die lede is van die ANC, vier van die DA, twee van die PA, vyf van die EFF, een van die VF, een van die PSDF en een van die VF Plus.

Volg FiND iT hier op Facebook.

LEES OOK: Vier leerlinge dood in skoolskietery, 15-jarige in hegtenis

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected]

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.

Leave a Reply

Your email address will not be published.