Skoolklokke is vervang met sirenes toe die ‘n skoolskietery Dinsdag tot die dood van vier leerlinge gelei het.
Ses ander leerlinge en ‘n onderwyser het koeëlwonde opgedoen. ‘n 15-jarige verdagte is in hegtenis geneem na die skoolskietery.
Dié aanval was die ergste in Amerika sedert agt studente en twee leerlinge in 2018 tydens ‘n skoolskietery doodgeskiet is.
Hier is wat ons van Dinsdag se aanval weet:.
Die owerhede is om 12:52 na die skool geroep. Soos wat die owerhede die terrein betree het, het leerlinge en onderwysers die klasdeure toegemaak en in die klaskamers weggekruip. Drie minute na die polisie op die toneel verskyn het, is die verdagte in hegtenis geneem.
Toe die polisie die verdagte sien, het hy sy hande in die lug gehou en ‘n vuurwapen is by hom afgeneem voor hy in hegtenis geneem is. Die vuurwapen wat hy by hom gehad het, was ‘n 9mm wat vier dae voor die skoolskietery deur die verdagte se pa gekoop is.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Hier is die nuutste uitgawe van Bloemfontein Online Co.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



