VRYSTAAT. – Die Clarens-polisie vra die gemeenskap se samewerking om Moqebelo Alfred Radebe, wat vermis is, te vind.
Volgens Radebe se broer, Morapeli Jonas Mole, het hy sy broer laas op 30 November gesien toe hy hom langs die pad by Sediba Lodge tussen Clarens en Fouriesburg gelos het.
Volgens inligting is Radebe ‘n Lesthoto-burger en het hy sedert hy vermis geraak het, nog nie met sy familie in Lesotho of sy broers in Suid-Afrika kontak gemaak nie.
Enigiemand met inligting oor waar Radebe kan wees, kontak adj.-off Shannon by 071 686 0370.
Lees ook: Vrou vind uit haar man verneuk haar met haar beste vriendin
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



