Stanley Cierenberg, digter en ook bekend as aktivis teen plaasmoorde, het vir oorlede Maryna Jordaan ‘n hartroerende gedig geskryf.
Theuns Jordaan se ma, tannie Maryna Jordaan, is twee dae na sy begrafnis oorlede.
GESPREKKE TUSSEN ENGELE
2021-11-28
’n sagte asem raak aan die seun se wang
dis nie ’n asem van bang, maar van lewe
“ek het kom kyk hoe dit met jou gaan, seun”
‘soos asem, so is Ma vir my” sê die seun.
“ek het vir jou ’n ekstra veer in jou vlerk kom steek”
“Dankie, Ma, soos ’n ekstra snaar vir my kitaar”
“Ja, seun, kom, kom sit hier by ma, ek wil jou iets vra,
kom, kom dan sing ons ’n lied vir jou pa”
“In reën, is jy rondom my
In trane vee jy af voor my”
sing ma en seun saam…*
in ‘n vreemde stad val ’n bui reën
en iewers staan ’n eensame kitaar
pa hoor die sing van ’n ekstra snaar
Pa glimlag tevrede vir die kitaar en sê:
“In reën is jy rondom my”
DANKIE. ( Vir Tannie Maryna Jordaan)
Stanley Cierenberg
** liriek uit Theuns Jordaan se lied, Soos Bloed
Lees ook: Tannie Maryna Jordaan se begrafnis dié Donderdag
Klik hier om Stanley Cierenberg se gedig vir Oom Willie te lees.
Volg FiND iT hier op Facebook.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



