Tannie Maryna Jordaan se begrafnis dié Donderdag

Deel hierdie storie / Share this story

Maryna Jordaan, die ma van die ikoniese sanger en liedjieskrywer Theuns Jordaan, se begrafnis sal Donderdag 2 Desember vanuit die NG kerk Venterstad gehou word.

Tannie Maryna is twee dae na Theuns se roerende begrafnis oorlede. Haar man, Willie, was ten tye van haar dood nog op pad terug huis toe ná Theuns se begrafnis. Linda, Theuns se sussie, was by haar ma toe sy oorlede is.

Bobby van Jaarsveld het die nuus Sondagaand op sy Facebook-blad gedeel en geskryf: “Ek weet dit is ‘n cliché, maar ek het net weer besef hierdie lewe is so kort. Lewe asseblief. Doen wat jy moet doen. Wees wie jy is. Waardeer almal om jou. Leef in die nou.”

Luister hier na Steve Hofmeyr se ‘koebaailiedjie’ wat hy vir Theuns geskryf het.

Volg FiND iT hier op Facebook.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.

FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.