Skietery op besigheidsperseel, een dood

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Skietery het vanoggend om 08:13 op ‘n besigheidsperseel in Armstronglaan in La Lucia, Durban, plaasgevind.

Shaun Herbst, Netcare 911-woordvoerder, sê berigte dui daarop dat ‘n volwasse man verskeie kere geskiet is.

Paramedici het ‘n voertuig aangetref wat teen ‘n pilaar tot stilstand gekom het. Die voertuig het ook verskeie gate ingehad soos daarop geskiet is.

Een persoon dood op besigheidsperseel

Die persoon wat geskiet is, het ongelukkig geen tekens van lewe getoon nie en is deur Emer-G-Med op die toneel dood verklaar.

Omstandighede wat tot die voorval gelei het, sal deur die Durban-Noord polisie, wat ook op die toneel was, ondersoek word.

LEES OOK: Moti-broers: ‘Ons is hoopvol dat polisie saak sal oplos’

LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.