Skote by polisiekantoor afgevuur, polisieman in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

Skote is Donderdag by die polisiekantoor in Kimberley afgevuur, waarna ‘n polisieman tans in aanhouding is.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het die voorval aan FiND iT bevestig.

“‘n Polisieman van De Aar is tans in aanhouding en sal Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn.”

Geen ander besonderhede oor die voorval is in hierdie stadium bekend nie.

Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Hou FiND iT dop om op hoogte te bly.

LEES OOK: ‘Ons gaan haar kry, ons moet haar kry,’ sê vermiste 4-jarige se ouers

LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.