GQEBERHA. – Die streekhof het ‘n 69-jarige oupa van Gqeberha tot lewenslange tronkstraf gevonnis omdat hy sy kleindogter verkrag het.
Volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het die kind by die beskuldigde en haar ouma gewoon nadat haar ma in 2014 oorlede is. Die oupa het haar verskeie kere oor ‘n tydperk van drie jaar, 2016 tot 2019, verkrag. Sy was ses jaar oud toe die eerste verkragting plaasgevind het. Hy was 64 jaar oud. Die verkragtings het gewoonlik plaasgevind wanneer die ouma onder die invloed van sterk alkohol was.
Oupa pleit onskuldig na hy kleindogter verkrag
In Maart 2020 het die slagoffer haar ouma aan haar vaderskant besoek. Vanweë die destydse streng Covid-19-regulasies kon sy nie terugkeer na die beskuldigde nie. Dit was toe die kind die geleentheid gehad het om aan haar ouma aan vaderskant van die verkragtings te vertel. Die oupa het onskuldig gepleit.
“Die kind en albei oumas het getuig en die beskuldigde ontken steeds dat hy die kind ooit verkrag het. Die hof het hom skuldig bevind aan die verkragtings en hom tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
LEES OOK: ‘Ons gaan haar kry, ons moet haar kry,’ sê vermiste 4-jarige se ouers
LEES OOK: Curro Heuwelkruin-leerders kniel en bid vir boeties se veiligheid
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



