Seuntjie uit motor geskiet toe dit met ander voertuie bots

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n 10-jarige seuntjie is ernstig beseer nadat hy uit ‘n voertuig geskiet is wat betrokke was by ‘n botsing by Verulam.

Arrive Alive berig lede van Reaction Unit South Africa (RUSA) het op die toneel aangekom en die gr.-4-leerling van Primêre Skool Waterloo op die grond aangetref. Hy het ernstige beserings aan sy kop opgedoen en is per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Seuntjie beland onder motor

Daar word beweer die seun was ‘n passasier in die Renault Kwid wat op die kruising met ‘n wit Ford Ranger en ‘n wit Hyundai H100 gebots het. Die seun is uit die voertuig geskiet en het onder die Hyundai H100 beland.

Die bestuurder van ‘n Ford Ranger het ligte beserings opgedoen en is ook na die hospitaal geneem.

LEES OOK: Vier boeties vanoggend op pad skool toe ‘ontvoer’

LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.