Vermoorde man se liggaam in bosse gevind, familie word gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

GQEBERHA – Die Walmer-speurders vra hulp van die gemeenskap om die familie van ‘n man op te spoor wat op 8 Oktober 2021 vermoor is en wie se liggaam in bosse gevind is.

“Daar word beweer dat die polisie op die genoemde datum omstreeks 12:30 ontbied is waar ‘n liggaam in die bosse agter Songololostraat in Walmer gevind is. Hy het verskeie skietwonde aan sy lyf gehad,” sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

Die oorledene was geklee in ‘n blou baadjie, ligte broek en bruin sandale. Hy is tussen 18 en 25 jaar oud.

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord.

Enigiemand wat kan help om die familie van die persoon op te spoor of die oorledene kan identifiseer, word versoek om konst. Julius Mgushelo by 083 501 4181 of 041 5811496 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

LEES OOK: My kind het gif gedrink! Wat nou?

LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.