KIMBERLEY. – Die 14-jarige tienermeisie van Galeshewe wat op 18 Oktober 2021 om 07:00 laas gesien is, is gisteraand om 18:30 gevind.
Tienermeisie gevind
Volgens kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, is sy by ‘n vriendin van haar gevind. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sal ook nou by die saak betrokke raak om dienste aan die familie te bied.
“Olorato Mokubung (14) is laas op 18 Oktober 2021 om 07:00 gesien toe sy haar huis in Promise Land, Kagisho, verlaat het om na Hoërskool Dr. EP Lekhela te gaan,” het kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder gistermiddag gesê.
LEES OOK: Tienermeisie vermis nadat sy gisteroggend haar huis verlaat
LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



