MPUMALANGA. – Vroeër vandag is die voormalige LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en landbou in Mpumalanga, Mandla Msibi, en sy mede-beskuldigdes, Anele Sonke Mnisi en Njabulo Mkhonto, elk borgtog van R20 000 toegestaan.
Al die beskuldigdes het vandag in die landdroshof in Nelspruit verskyn. Hulle staan tereg op twee aanklagte van moord en een van poging tot moord. Dit is in verband met die voorval waartydens twee slagoffers, Dingaan Ngwenya en Sindela Lubisi, op 22 Augustus 2021 in Nelspruit Cayotes Shisanyama doodgeskiet is en ‘n derde gewond is.
LUR op borgtog met voorwaardes vrygelaat
Die hof het die volgende voorwaardes aan die verdagtes gestel:
Mag nie inmeng met staatsgetuies nie.
Moet Maandae en Vrydae by die Pienaar-polisiekantoor aanmeld.
Paspoorte moet vandag voor 16:30 aan die ondersoekbeampte oorhandig word.
Mag nie die Mpumalanga-provinsie verlaat sonder om die ondersoekbeampte in kennis te stel nie.
Al die beskuldigdes sal weer op 06 Desember 2021 verskyn.
LEES OOK: Vrou steek man se ‘skelmpie’ met eetlepel
LEES OOK: Man hang vrou, laat lyk soos selfdood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



