PRETORIA. – ‘n Voornemende wyksraadslid, Michael Thulani Shangasewas, is gister omstreeks 17:00 in die Herwood-omgewing van Plessilaer in die Middellande van KwaZulu-Natal doodgeskiet.
“Die inwoner van Kwanyamazane was blykbaar terug van ‘n EFF-veldtogbyeenkoms in Dambula in Herwood toe hy vermoor is,” sê brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder.
Inligting gesoek na raadslid doodgeskiet is
Die motief vir die beweerde moord is nog nie vasgestel nie.
“Ons het ’n 72 uur-aktiveringsplan gemobiliseer wat kan help om die verantwoordelikes op te spoor en in hegtenis te neem.”
Intussen doen die polisie ‘n beroep op almal met inligting om die polisie Crime Stop by 086 00 10111 te kontak. Bellers kan anoniem bly en alle inligting word vertroulik hanteer.
LEES OOK: Motorfietsongeluk eis lewe van geliefde polisieman en ‘supercop’
LEES OOK: Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



