GAUTENG. – Die provinsiale kommissaris van Gauteng, lt.genl. Elias Mawela, betuig sy innige meegevoel met die familie van a.o. Jan Christoffel Esterhuysen nadat hy die naweek by ‘n padblokkade deur ‘n vermeende dronkbestuurder doodgery is.
Volgens brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerdeer, word daar berig dat ‘n 20-jarige bestuurder versuim het om by die padblokkade stil te hou. Die bestuurder het toe ‘n stilstaande motor sowel as Esterhuysen wat die verkeer beheer het, raakgery.
“Dronkbestuurder” probeer glo weghardloop na polisieman doodgery is
Die verdagte, die bestuurder van die motor, het na bewering probeer om van die toneel te vlug, maar ander lede kon hom keer. Hy was glo onder die invloed van alkohol.
“Daar is met Esterhuysen na ‘n hospitaal gejaag waar hy aan sy beserings beswyk het. Esterhuysen was by die Fochville-polisie eenheid. Hy het 27 jaar diens in die Suid-Afrikaanse Polisiediens gehad.
Lt. genl. Mawela het sy waardering uitgespreek vir die bydrae wat Esterhuysen tydens sy diens in die organisasie gelewer het.
LEES OOK: Motorfietsongeluk eis lewe van geliefde polisieman en ‘supercop’
LEES OOK: Dickason-vrou gaan onskuldig pleit na dood van drie sussies
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



