OOS-KAAP. – Die streekhof op Mthatha het Thulani Titi (27) tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis weens die verkragting van ‘n 87-jarige bejaarde vroulike familielid.
Hy is tot twintig jaar tronkstraf vir verkragting en twaalf maande vir huisbraak gevonnis. Die hof het gesê dat die vonnisse gelyktydig sal loop.
Bejaarde vrou verkrag
“In die vroeë oggendure van 6 Maart 2020 het die bejaarde vrou by haar kleindogter by hul huis in die Mbozwana-omgewing geslaap, toe Titi die deur oopskop. Die kleindogter het daarin geslaag om te ontsnap sonder om deur die indringer opgemerk te word,” sê Luxolo Tyali, woordvoerde van die Nasionale Vervolgingsgesag.
Titi het die ouma met geweld na ‘n nabygeleë woonstel gesleep, waar hy haar verkrag het nadat hy die deur van binne gesluit het. Die rolstoelgebonde bejaarde kon haarself moeisaam onder die liggaam van Titi, wat bo-op haar aan die slaap geraak het, uitkry. Sy het na ‘n venster gekruip en na lede van die gemeenskap gewaai en geskree wat reeds na haar gesoek het.
Gemeenskap soek na bejaarde vrou na sy verkrag is
Gemeenskapslede het die deur afgeskop en gevind dat Titi nog op die bed slaap. Die polisie is ontbied en hy is in hegtenis geneem.
Tydens die verhoor het Titi onskuldig gepleit. Hy het beweer dat hy ook deel was van die gemeenskapslede wat na die slagoffer gesoek het. Die aanklaer, Siphokazi Maarman-Fipaza, het egter die getuienis gelei van die kleindogter, die dokter wat die slagoffer ondersoek het en die J88 ingedien het.
Titi is daarna gevonnis.
LEES OOK: Man uit op borg verkrag en hou 16-jarige gyselaar
LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



