October 18, 2021

Man verkrag mede-gevangene by Kimberley-korrektiewe dienste

Man verkrag mede gevangene by Kimberley-korrektiewe dienste

Man verkrag mede gevangene by Kimberley-korrektiewe dienste Foto: SABC News

KIMBERLEY. – Die polisie verwelkom die vonnis van tien jaar wat onlangs aan ‘n gevangene in die landdroshof in Kimberley aan Aaron Moduone (30) opgelê is.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Moduone, die beskuldigde wat tans ‘n vorige verkragtingsvonnis wat hy in 2009 gekry het, uitdien, het die 25-jarige mede-gevangene gedreig en hom in ‘n stoorkamer by die Kimberley-korrektiewe fasiliteit verkrag.

Die voorval het op 12 April 2020 omstreeks 15:20 plaasgevind. Moduone is op 11 Oktober 2021 skuldig bevind aan die oortreding en tot effektief 10 jaar tronkstraf weens verkragting gevonnis.

Die bevelvoerder vir Kimberley se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, kapt. Harriet McKenzie, loof sers. Juanita Lakay vir die noukeurige ondersoek wat tot hierdie vonnisoplegging vir so ‘n gruwelike daad gelei het.

LEES OOK: Man uit op borg verkrag en hou 16-jarige gyselaar

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *