October 18, 2021

Man steek pa en seun tydens woordewisseling dood

Man steek pa en seun na woordewisseling dood

Man steek pa en seun na woordewisseling dood Foto: The Courier Mail

GROBLERSHOOP. – Die polisie verwelkom die vonnis van 30 jaar wat onlangs in die Groblershoop-streekhof aan Renaldo Remacio Van Wyk (31) opgelê is na die dood van ‘n pa en ‘n seun.

Pa en seun op toneel dood

Op 6 Februarie 2021 omstreeks 22:00 het Van Wyk en sy pa David Malo (52) in ‘n onderonsie op Wegdraai, Groblershoop betrokke geraak. Die beskuldigde het Malo twee keer in sy rug gesteek. Van Wyk het Johnny Ntlokwana (26) ook een keer in sy bors gesteek. Albei slagoffers is op die toneel dood.

Die polisie het Van Wyk ure later in hegtenis geneem en hy het in aanhouding tot met sy vonnisoplegging op 12 Oktober 2021 gebly. Die distrikskommissaris van ZF Mgcawu, brig. Johnny Besnaar, het sers. Benedict Mqotha van die Groblershoop-speurdiens geprys vir die uitstekende en professionele ondersoek wat tot die vonnisoplegging gelei het.

LEES OOK: Man uit op borg verkrag en hou 16-jarige gyselaar

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *