October 18, 2021

Man glo op sakeperseel ontvoer en losprys geëis

Die ondersoekspan is steeds op soek na die oorblywende verdagtes wat deel van die ontvoering was.

Man glo op sakeperseel ontvoer en losprys geëis

Man glo op sakeperseel ontvoer en losprys geëis Foto: The SSL Store

DURBAN. – ‘n Verdagte (48) is die week in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering en afpersing nadat ‘n losprys geëis is.

“Na bewering het ‘n 60-jarige slagoffer op 8 Julie 2021 om 17:38 sy sakeperseel in Umgeniweg in Durban verlaat toe hy deur vier onbekende gewapende mans aangekeer is. Die slagoffer is toe glo in hul voertuig ingedwing. Hy is sewe dae lank gyselaar gehou toe die verdagtes ‘n losprys van R10 miljoen geëis het,” volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

Op 10 Oktober 2021 het die polisie die losprysgeld na ‘n familietrust in Bloemfontein ontvang. Die polisie is na Bainsvlei in Bloemfontein gelei waar hulle twee verdagtes in hegtenis geneem het. Beslag is gelê op elektroniese items, twee gewere en ‘n 9 mm-vuurwapen wat in ‘n misdaad gebruik is wat tans ondersoek word.

Die ondersoekspan is steeds op soek na die oorblywende verdagtes wat deel van die ontvoering was. Die twee aangekeerde verdagtes het vandag in die landdroshof in Durban op aanklagte van ontvoering en afpersing verskyn.

LEES OOK: Man uit op borg verkrag en hou 16-jarige gyselaar

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *