Bloemfontein se ryk geskiedenis is in baie van die historiese geboue en museums in dié stad sigbaar.
Hier kyk ons na ‘n paar van die geboue in Bloemfontein wat ook ‘n groot deel uitmaak van Suid-Afrika se geskiedenis.
Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum
Dié gebou het oorspronklik die regeringstrukture van die Republiek van die Oranje-Vrystaat in die 1800’s gehuisves en herinner aan die ou Kaaps-Hollandse argitektuur in die omgewing. Dié museum bevat ook die grootste versameling Afrikaanse letterkunde en manuskripte, sowel as artefakte wat aan bekende Afrikaanse skrywers behoort.
Ou Presidensie
Dié interessante gebou wat ook uit die 1800’s kom, was vroeër die amptelike tuiste van presidente van die voormalige Republiek van die Oranje-Vrystaat.
Bram Fischer-gebou
Dié moderne glaskonstruksie is om 1992 voltooi en is tans die hoofkwartier van die Mangaung-munisipaliteit.
Bloemfontein-biblioteek
Die biblioteek huisves ‘n interessante versameling van Africana-tekste en ‘n unieke versameling dramatekste.



