GAUTENG. – Nog twee verdagtes is gister in Aeroton, Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die roof en moord wat vroeër die week in Centurion plaasgevind het.
Dit bring die totale aantal persone wat in hegtenis geneem is op vier te staan.
Verdagtes verskyn binnekort op aanklag van moord en roof
“Die twee verdagtes van 36 en 42 jaar oud is na bewering in besit van twee vuurwapens en ‘n voertuig wat vermoedelik in die pleeg van die misdaad gebruik is, gevind,” sê kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder.
Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklagte van sakeroof en moord. Die polisie se ondersoek duur steeds voort.
LEES OOK: Twee vas na rooftog in Centurion-inkopiesentrum
LEES OOK: Sprankelende juffrou onder vier jong mense wat in ongeluk sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



