October 18, 2021

Twee vas na rooftog in Centurion-inkopiesentrum

Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat een van die verdagtes glo ook in verband met ‘n ander saak van roof gesoek word.

Twee vas na rooftog in Centurion-inkopiesentrum

Twee vas na rooftog in Centurion-inkopiesentrum Foto: 1 Second Alerts

GAUTENG. – Twee verdagtes is gisteraand in hegtenis geneem in verband met die rooftog wat op 11 Oktober 2021 in ‘n juwelierswinkel in Lyttelton, Centurion, plaasgevind het.

“‘n Vinnige reaksie deur polisielede het gelei tot die inhegtenisneming van twee verdagtes in Hillbrow. Die verdagtes was ook na bewering in besit van die voertuig wat gebruik was om van die toneel te vlug,” sê kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder.

Nog verdagtes na beweerde rooftog gesoek

Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat een van die verdagtes glo ook in verband met ‘n ander saak van roof gesoek word. Die polisie is steeds op die uitkyk vir nog vier verdagtes.

Albei verdagtes van 23 en 24 jaar verskyn na verwagting binnekort op aanklagte van roof en moord in die hof.

Die polisie doen steeds ‘n beroep op die publiek om inligting oor die voorval aan Crime Stop Line 08600 10111 oor te gee.

LEES OOK: Vyf verdagtes gesoek na skietery by Centurion-inkopiesentrum

LEES OOK: Sprankelende juffrou onder vier jong mense wat in ongeluk sterf

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *