October 18, 2021

Busongeluk op N3, 10 dood en 50 beseer

Die bus het langs die N3 langs op sy sy in die veld beland.

Busongeluk op N3, 10 dood en 50 beseer

Busongeluk op N3, 10 dood en 50 beseer Foto: Arrive Alive

JOHANNESBURG. – Netcare 911 is vanoggend om 11:43 ontbied na ‘n busongeluk op die N3 naby die Tugelarivier.

Shaun Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê ondersoeke van die toneel dui aan dat die bus in ‘n noordelike rigting gery het toe die bestuurder beheer verloor het.

“Die bus het deur die versperring in die suidelike baan vasgery en verskeie kere gerol. Ssommige insittendes is tydens die proses uit die bus gegooi.”

Die bus het toe langs die N3 langs op sy sy in die veld beland.

Minstens vyftig mense het beserings wat wissel van matig tot ernstig tydens die busongeluk opgedoen. Die aantal sterftes weens die ongeluk staan op tien.

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

LEES OOK: 1 November nou amptelik ‘n vakansiedag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *