October 18, 2021

Familielid verkrag verstandelik gestremde meisie (15)

Familielid verkrag verstandelik gestremde meisie (15)

Familielid verkrag verstandelik gestremde meisie (15) Foto: Westend61

MPUMALANGA. – ‘n 33-jarige familielid van Thusi Village op Ermelo is in die Ermelo-streekhof tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis nadat hy ‘n verstandelik gestremde meisie (15) verkrag het.

“Die beskuldigde is ‘n swaer van die slagoffer. Op 15 Maart 2020 het die man en die jong meisie ‘n gesinsfunksie bygewoon. Hy vra toe dat hulle by die Emadamini-pad ontmoet waartoe sy ingestem het. Toe sy daar aankom, het die man haar in die veld ingesleep en haar met geweld verkrag.”

Die slagoffer het nie die voorval aan iemand gerapporteer nie omdat sy bang was. Haar ma het egter haar vreemde gedrag opgemerk en haar gekonfronteer. Dit het gelei tot die inhegtenisneming van die man. Hy het onskuldig gepleit. Hy het gesê dat die meisie vir hom gesê het dat sy 18 jaar oud was en dat hy nie bewus was van haar geestestoestand nie.

Die staatsaanklaer, Chanè Rothman, het egter die getuienis gelei van die slagoffer wat deur ‘n tussenganger getuig het. Haar broer het getuig dat hy gesien het hoe die beskuldigde sy suster in die veld ingesleep het. Die feit dat die slagoffer verstandelik gestremd is, is ondersteun deur die bewyse van ‘n kliniese sielkundige wat die slagoffer geëvalueer het en gevind het dat haar verstandelike vermoë dié van ‘n tienjarige is.

Verder het die aanklaer ‘n slagoffer-impakverklaring ingedien wat deur die slagoffer opgestel is en deur die hofvoorbereidingsbeampte, Faith Masango, gefasiliteer is. Sy het verduidelik hoe die verkragting haar lewe beïnvloed het en dat sy niemand vertrou nie. Die hof het die beskuldigde se weergawe verwerp en hom skuldig bevind aan verkragting van ‘n verstandelik gestremde persoon.

Hy is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, ongeskik verklaar om met kinders te werk en die hof het verder beveel dat sy naam in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders opgeneem moet word.

LEES OOK: Man uit op borg verkrag en hou 16-jarige gyselaar

LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *