DURBAN. – Die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) in Durban-Sentraal vra hulp met die opsporing van familielede of ouers van ‘n agtergelate baba wat gevind is.
Agtergelate baba in asblik gevind
Volgens kol. Thembeka Mbel, polisiewoordvoerder, word daar beweer dat die baba op 10 Julie 2021 omstreeks 22:15 deur die polisie in ‘n asblik op Boscombe Place agter ‘n hotel in Durban gevind is is. Daar word vermoed dat sy die dag ná haar geboorte daar agtergelaat is. Die GKS-eenheid ondersoek ‘n saak van kinderverlating.
Enigiemand met inligting oor waar die ouers of familielede van die kind is, word versoek om die speurbeampte konst. Dludla 061 375 4876 of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.
LEES OOK: Hond met die groot bruin onseker oë 15 km buite Kimberley
LEES OOK: 1 November nou amptelik ‘n vakansiedag
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



