October 18, 2021

Dunluce-huis in Kimberley

Steve Lunderstedt, historikus en spooktoergids, het al mense geneem om ’n aand in die huis deur te bring.

Dunluce-huis in Kimberley

Dunluce-huis in Kimberley

Wanneer mens van die Dunluce-huis in Kimberley hoor, dink jy onmiddellik aan die groot groen-en-wit huis in Belgravia. Vir meeste mense is dit net ’n plek om mooi foto’s te neem of spoke te jaag, maar hierdie pragtige huis het egter ’n interessante geskiedenis.

Hierdie praghuis se naam beteken “sterk vesting” en is vernoem na die Dunluce-kasteel in Noord-Ierland, die land van John Orr se geboorte. Die huis is ontwerp deur DW Greatbatch en is in 1897 gebou vir Gustav Bonas, voorsitter van die Griekwaland-Wes- Hebreeuse Gemeente, lid van die Diamond-sindikaat en direkteur van die Diamond Fields Advertiser.

In 1903 is dit gekoop deur John Orr, die stigter van kettingwinkels met dieselfde naam. Hy en sy opvolgers het hier gewoon tot 1975, toe die huis deur Barlow Rand (Edms.) Bpk. gekoop en aan die McGregor-museum geskenk is.

Daar is oor die jare beweer dat dit by hierdie huis spook, alhoewel dit nie op die Kimberley-spookroete se lys van bestemmings is nie. Menige mens kan jou vertel van belewenisse wat hulle by die huis gehad het.

Steve Lunderstedt, historikus en spooktoergids, het al spook-entoesiaste geneem om ’n aand in die huis deur te bring.

Dit was ook eens ’n gunstelingplek om foto’s te neem vir matriekafskeide en troues, maar weens vandalisme is die hekke nou gesluit en kan daar nie meer foto’s binne die tuin geneem word nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *