October 18, 2021
Skaapboud

Skaapboud

Of dit nou vir ‘n spesiale geleentheid is en of jy maar net lus is om ‘n groot ete te maak, hier is ‘n resep om die perfekte skaapboud gaar te maak.

Bestanddele:

  • 125 ml asyn
  • 400 ml water
  • sap van 1 suurlemoen
  • 1 takkie vars basilliekruid
  • 1 takkie vars roosmaryn
  • sout na smaak
  • swartpeper na smaak
  • 4 eetlepels Mrs Balls-blatjang

Metode:

Gebruik oondskottel met deksel wat dig toemaak

  • Sit boud in die oondskottel.
  • Giet water, asyn en suurlemoensap oor.
  • Smeer boud met genoeg sout.
  • Smeer dan die blatjang oor.
  • Strooi gemaalde swartpeper na smaak oor die vleis.
  • Sit vars basilliekruid en roosmaryn in die oondskottel.
  • Bedek en sit in die oond op 150°C vir 4-4½ ure (of tot boudvleis gaar is – kleiner porsie, minder tyd)

Resep ingestuur deur Diana Fouché

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *