GQEBERHA. – ‘n Vermeende moordverdagte (30) is die naweek in hegtenis geneem nadat Justine Jantjies (45) op 30 Augustus 2021 in Shauderville noodlottig in haar huis gewond is.
Volgens Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, word daar beweer dat Jantjies op die genoemde datum omstreeks 20:30 die hek by hulle huis oopgemaak het vir haar man. Toe die egpaar die sitkamer binnegaan, is skote glo afgevuur en is sy noodlottig gewond.
“Sy het een skietwond aan haar gesig opgedoen. Die voorval het by hul huis in Glendenningstraat in Shauderville plaasgevind.”
Die naweek is die Gelvandale-polisie weer ingelig oor inligting rakende die verdagte wat met ‘n huis in Aubreystraat, Gelvan Park verbind is. Die huis is genader. Die verdagte is in die huis gevind en is in hegtenis geneem.
“Hy word aangehou op aanklag van moord en verskyn vandag in die landdroshof op Gelvandale.”
LEES OOK: 14-jarige vermis, los brief vir haar pa agter
LEES OOK: ‘Netcare 911-vrou wou nie hond langs pad aflaai nie’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



