GQEBERHA – ‘n Ongeluk net na middernag Sondagoggend op die N2 tussen Seaview en die Baywest-afdraai waarin twee motorvoertuie betrokke was, het die lewe van vier jong mense geëis.
Daar word berig die Kabega Park-polisie is Sondagoggend omstreeks 00:16 na ‘n ongelukstoneel op die snelweg ontbied. Na bewering was ‘n silwer Ford Fiesta en ‘n silwer VW Polo in die botsing reg van voor betrokke.
Vier jongmense op toneel dood verklaar
Die bestuurder van die Ford Fiesta, Shano Zeelie (28), die bestuurder van die VW Polo, Raeeza Ahmed (19) en haar twee passasiers,Moegamat Noor Fredericks (23) en Raeez Thompson (14), is op die toneel dood verklaar. Die derde passasier is hospitaal toe geneem vir behandeling.
Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, word omstandighede rondom die noodlottige ongeluk ondersoek. ‘n Saak van strafbare manslag is geopen.
LEES OOK: Vermiste tiener (14) by ‘sosialemediavriend (19)’ gevind
LEES OOK: ‘Netcare 911-vrou wou nie hond langs pad aflaai nie’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



