OOS-KAAP. – Die vermiste tiener, Rochelle Prins (14), is vanoggend by ‘n huis in Van Vollenhovenstraat in Danville, Pretoria gevind.
Die ondersoekbeampte, speurder Ndoni, het ‘n anonieme wenk van ‘n persoon in Pretoria ontvang oor waar Prins haar moontlik kan bevind.
Vermiste tiener nou by haar tannie
“Onmiddellik is kontak gemaak met haar tannie in Pretoria wat haar met die hulp van die polisie by die gegewe adres gevind het. Daar word beweer dat sy ‘n ander tiener (19) met wie sy op sosiale media bevriend geraak het, besoek het. Sy is nou veilig by haar tannie.”
Die polisie betuig hul dank teenoor die sosialemediagebruikers wat gehelp het met Prins se opsporing. Die optrede van die anonieme oproeper word ook waardeer.
LEES OOK: 14-jarige vermis, los brief vir haar pa agter
LEES OOK: ‘Netcare 911-vrou wou nie hond langs pad aflaai nie’
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



