MPUMALANGA. – Vanoggend het ‘n lid van die Uitvoerende Raad (LUR) van Mpumalanga, vergesel van sy prokureur, homself aan die polisie in Nelspruit oorgegee in verband met minstens twee aanklagte van moord en een van poging tot moord.
Brig. Vishua Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die 45-jarige lid was na bewering betrokke by ‘n skietery waar twee mense op 22 Augustus 2021 in Nelspruit doodgeskiet is en ‘n derde persoon gewond is.
Sy inhegtenisneming bring die totale aantal mense wat in verband met hierdie saak in hegtenis geneem is, op drie te staan. Op 17 September 2021 het die polisie Joseph Charlie Ngwenya (35) en Tshepo Matsane (30) vasgetrek. Hulle het albei twee keer in die hof verskyn voordat hulle op 8 Oktober 2021 elk borgtog van R20 000 toegestaan is.
Intussen sal die LUR na verwagting binnekort in die landdroshof in Nelspruit verskyn op aanklagte van moord en poging tot moord.
LEES OOK: Skietery vanoggend by Centurion-inkopiesentrum
LEES OOK: Vier jongmense sterf in ongeluk net na middernag
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



