October 18, 2021

Liggaam met skietwonde in Doornkop-veld gevind

Liggaam met skietwonde in Doornkop-veld gevind

Liggaam met skietwonde in Doornkop-veld gevind Foto: OpenStax CNX

GAUTENG. – Die liggaam van ‘n man, vermoedelik in sy veertigs, is vanoggend in ‘n veld op Doornkop gevind.

Liggaam in Doornkop-veld dood verklaar

ER24 berig paramedici het vanoggend om 08h40 op die toneel opgedaag. Plaaslike owerhede was reeds op die toneel. Die liggaam van die man is tussen die lang gras in die veld gevind. Met verdere ondersoek het paramedici bevind dat die man twee skietwonde aan sy rug opgedoen het. Hy het geen tekens van lewe getoon nie.

Die man is op die toneel dood verklaar. Die besonderhede rondom hierdie voorval is onbekend aan ER24, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

LEES OOK: Skietery vanoggend by Centurion-inkopiesentrum

LEES OOK: Vier jongmense sterf in ongeluk net na middernag

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *