MPUMALANGA. – Vyf mense, waaronder ‘n baba, is dood en verskeie ander beseer in ‘n botsing gisteraand tussen ‘n bakkie en ‘n motor op die R555, ongeveer 40 km buite Middelburg.
Volgens ER24 het hulle paramedici om 20:18 op die toneel opgedaag. ‘n Verwoeste bakkie en ‘n motor is in die middel van die pad gevind.
Vier volwassenes en ‘n agt maande oue baba is in die motor gevind. Al vyf het reeds aan hul verskeie beserings beswyk toe paramedici hulle ondersoek het. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Nog ‘n baba beseer in botsing
Sewe ander mense, waaronder nóg ‘n agt maande oue baba, is met beserings wat wissel van gering tot ernstig gevind. Paramedici het die beseerdes behandel en gevorderde lewensondersteunende intervensie aan die kritiek beseerdes verleen.
Nadat hulle behandel is, is almal na nabygeleë hospitale vervoer. Besonderhede oor wat tot die ongeluk aanleiding gegee het, is nie bekend nie.
LEES OOK: Vrou in uniform wou glo ‘hond langs pad los’
LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



