GQEBERHA – Speurders van Kwazakele is op soek na drie gewapende verdagtes wat na bewering gister, Dinsdag 5 Oktober 2021 ‘n ouetehuis in Booistraat, Zwide, beroof het.
Daar word beweer dat die slagoffer omstreeks 11:45 deur drie gewapende mans gekaap is. Hulle het hom toe glo na die fasiliteit geneem waar die verdagtes ‘n kantoordeur afgebreek en ‘n onbekende bedrag kontant geneem het.
Die verdagtes het die slagoffer daarna teruggedwing in sy VW Polo en hulle het saam met hom weggery na ‘n kliniek in Zwide, waar hulle hom afgelaai het. Die polisie het later die verlate VW Polo in Sompontshastraat gevind. Sake van sakeroof, kaping en ontvoering word ondersoek.
Enigiemand wat moontlik kan help met inligting wat tot die verdagtes se inhegtenisneming kan lei, word versoek om die ondersoekbeampte, speurkaptein Vernel Arries, by 082 442 0963 te kontak.
LEES OOK: Vrou in uniform wou glo ‘hond langs pad los’
LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



