WhatsApp, Facebook, Instagram al ure van lyn af

Deel hierdie storie / Share this story

Instagram en WhatsApp, wat albei aan Facebook behoort, is sedert vanmiddag laat van lyn af. Geen boodskappe kan gestuur of ontvang word nie.

Gebruikers wêreldwyd het nie toegang tot die drie apps nie. WhatsApp het op hulle Twitter-profiel geskryf dat hulle bewus is van die probleem wat mense tans ondervind.

Nie bekend vir hoe lank WhatsApp van lyn af gaan wees nie

“Ons werk aan die probleem om dinge spoedig weer terug na normaal te bring. Dankie vir almal se geduld.”

Dit is nog nie presies bekendgemaak wat die probleem is en hoe lank dit gaan neem om die probleem op te los nie. Die mees onlangse geval waar Facebook vir ure ontoeganklik was, was in 2019. Facebook was toe vir meer as 24 uur van lyn af.

LEES OOK: ‘Jesus was langs my bed’ – Hanna vertel van geboorte toe sy amper sterf

LEES OOK: SKERMGREPE: 17-jarige deur boer doodgeskiet

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.

As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].

FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.

FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.