Petrus Phakamile Sitho, aktivis teen plaasmoorde, het vroeër die maand aangekondig hy begin 30 September vanaf Oos-Londen na Kaapstad loop om meer bewustheid oor plaasmoorde te skep.
“Hiermee lig ek jou in dat ek die oggend van 28 September 2021 vanaf Oos-Londen na Kaapstad sal begin loop om president Cyril Ramaphosa en die ministers van Landbou en die Weermag te sien en met hulle te praat. Laas het Ramaphosa weggehardloop, ek sal sien wat doen hy hierdie keer!” sê Petrus.
Petrus bedank dan ook almal wat die pad saam met hom loop. “Sonder God en julle op my geloofspad vir ‘n vredeliewende Suid-Afrika sonder plaasmoorde en ander wreedhede, sou ek nie al bereik het wat ek reeds het nie.”
Petrus se boodskap aan Suid-Afrika:
LEES OOK: Ma wat glo drie kinders vermoor, ‘kalm’ in hof
LEES OOK: Drie jong Suid-Afrikaanse sussies in Nieu-Seeland dood
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



