Niemand is ooit te oud om te leer nie en Bobby van Jaarsveld en sy suster, Karlien, het dit bewys toe Bobby vir sy ouma op haar oudag geleer het wat ‘n selfie is.
Aanhangers van die bekende Van Jaarsveld-boetie en -sussie was gaande oor die gryskop ouma wat tussen die twee op die foto poseer. In die eerste foto wat Bobby op sy Facebook plaas, kan mens sien hoe deurmekaar hulle ouma lyk terwyl Bobby ‘n selfie van hulle drie neem.
“Ouma Rina: ‘So is dit nou ‘n selfie?’
Ek: ‘Ja Ouma dit is.’
Ouma: ‘Nou hoekom doen mens dit?’
Ek kon nie antwoord nie, want ek weet ‘selfie’.”
“Ouma is nog so mooi. Sjoe, sy dra haar jare goed,” skryf een van Bobby se aanhangers as kommentaar op die foto’s wat hy geplaas het.
Kyk hier na die inskrywing waar Bobby die selfie deel:
LEES OOK: Boervrou red man se lewe, slaan verdagte glo met sy eie knopkierie
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



