Vermiste man gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – Die polisie in Northam het ‘n soektog begin na ‘n 35-jarige man, Hendrick Stephanus Venter, wat vermis geraak het.

“Daar word berig dat die man die aand van 4 September omstreeks 18:00 laas deur sy stiefma gesien is. Die polisie het saam met die gesin na h om by vriende, familie en omliggende gebiede gesoek. Dit was sonder enige sukses,” sê lt.kol. Mamphaswa Seabi, polisiewoordvoerder.

Vermiste man laas deur stiefma gesien

Na wat verneem word, is hy laas in ‘n bruin kortbroek, ‘n swart T-hemp en plakkies gesien.

Enigiemand met inligting wat kan help om die vermiste man op te spoor, word versoek om die ondersoekbeampte, sers. Selolo by 082 758 1428 of 082 565 7611 of die Crime Stop-nommer by 08600 10111 te skakel.

Die polisie se ondersoek duur steeds voort.

LEES OOK: Bekende Kimberley-veearts maak hart oop na brande

LEES OOK: DBV help sedert vroegoggend beseerde diere na brand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.