Sewe voertuie bots in Kemptonpark

Deel hierdie storie / Share this story

KEMPTONPARK. – ‘n Vrou, vermoedelik in haar 40’s, was gisteraand kritiek beseer vasgekeer in haar motor nadat sewe voertuie op die R21 naby die R23 in Kemptonpark gebots het.

ER24 en ander dienste het om 18:30 op die toneel opgedaag en gevind dat ‘n bakkie, vier vragmotors en twee ligte motorvoertuie in ‘n botsing betrokke was.

Vrou vasgekeer na voertuie bots in Kemptonpark

Paramedici het ‘n vrou gevind wat in die bestuurdersitplek van die bakkie vasgekeer was. Sy het verskeie kritieke beserings opgedoen.

Reddingsdienste met gespesialiseerde toerusting het ‘n uur gesukkel om haar te bevry.

Verskeie gevorderde lewensondersteuningsintervensies is toegepas nadat sy bevry is. Sy is daarna na ‘n hopsitaal geneem.

LEES OOK: Bekende Kimberley-veearts maak hart oop na brande

LEES OOK: DBV help sedert vroegoggend beseerde diere na brand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.