Ses mense, waaronder drie kinders, dood na vragmotor glo U-draai maak

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA. – Ses mense, waaronder drie kinders, is gisteraand dood nadat ‘n motor teen ‘n vragmotor op die N4 naby die Rossouw-afrit in Die Wilgers vasgery het.

‘n Verklaring van ER24 beweer dat hulle paramedici en die brandweer na die toneel ontbied is waar ‘n “verwoeste” motor in die middel van die pad gevind is. Graan het oor die motor gestrooi gelê..

Ses op toneel dood

‘n Man en vrou wat vasgekeer was in die voorkant van die motor, is deur die paramedici gevind. ‘n Bejaarde vrou, twee seuns en ‘n meisie, vermoedelik drie, agt en 13 jaar oud, is agter in die motor gevind.

Al ses mense het reeds aan hulle beserings beswyk toe die paramedici daar opdaag. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Na wat verneem word, het die motor in die vragmotor vasgery wat na bewering ‘n U-draai in die pad gemaak het.

LEES OOK: Bekende Kimberley-veearts maak hart oop na brande

LEES OOK: DBV help sedert vroegoggend beseerde diere na brand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.