Man wat bejaarde verkrag, steel nét haar selfoon

Deel hierdie storie / Share this story

BETHLEHEM. – Die Bethlehem-streekshof het die beskuldigde, Lerato Mohono (25), tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis nadat hy ‘n bejaarde vrou (63) verkrag en haar selfoon geneem het voordat hy haar woning verlaat het.

“Op 21 Februarie 2021 het die beskuldigde by die huis van die bejaarde vrou ingebreek en haar verkrag. Toe hy die huis verlaat, het hy haar selfoon geneem. Na verneem word, het die bure hom die huis sien verlaat en hom vinnig aangekeer,” sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Bejaarde in haar huis verkrag

Hy is daarna aan die Lindley-polisie oorhandig. Hy is aangekla op drie aanklagte van huisbraak waarvoor hy tot drie jaar gevonnis is en ses maande gevangenisstraf opgelê is vir diefstal en lewenslange tronkstraf weens verkragting.

Speurder-konstabel Khehla Mosikili, verbonde aan Bethlehem se eenheid vir gesins-, kinderbeskerming en seksuele misdrywe is geprys vir sy uitstekende ondersoek wat die streng vonnis verseker het.

LEES OOK: Boervrou red man se lewe, slaan verdagte glo met sy eie knopkierie

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.