October 18, 2021

Vrou dood na motor oor rand van Hartbeespoortdam stort

Aanvanklik is vermoed ‘n baba was ook in die motor.

Vrou dood na motor oor rand van Hartbeespoortdam stort

Vrou dood na motor oor rand van Hartbeespoortdam stort Foto: Viator

GAUTENG. – ‘n Vrou, vermoedelik 29, is gisteraand oorlede nadat haar voertuig om 20:59 oor die rand van die Hartbeespoortdam gestort het.

Volgens ‘n verklaring van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is hulle na die toneel ontbied en met hulle aankoms het hulle ‘n motor in die dam onder die water gevind.

“Ons NSRI-reddingswemmers is ontplooi en ‘n volwasse vrou is uit die wrak gehaal. Daar is dadelik met KPR begin.”

Die swemmers het ook gesoek na ‘n baba wat die NSRI in daardie stadium vermoed het uit die motor vermis was. Die verklaring lui verder dat geen teken van ‘n vermiste baba in of om die voertuig gevind is nie en die polisie het bevestig dat die baba nie in die voertuig was nie, maar veilig by die ouers van die slagoffer was.

Motor uit Hartbeespoortdam verwyder

“Na talle pogings om die slagoffer te red, is die vrou dood verklaar.”

Die voertuig is uit die water gehaal. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

“Innige meegevoel word betuig aan die familie van die oorlede vrou.”

LEES OOK: Bekende Kimberley-veearts maak hart oop na brande

LEES OOK: DBV help sedert vroegoggend beseerde diere na brand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *