Bloemfontein-stadsaal in ere herstel na brand in 2017

Deel hierdie storie / Share this story

Die herstelprojek aan die Bloemfontein-stadsaal is vanjaar uiteindelik voltooi ná die stadsaal in 2017 afgebrand het.

Video’s en foto’s is in 2017 wyd op sosiale media versprei en Bloemfonteiners was stukkend oor die geskiedkundige gebou wat afgebrand het.

Die gebou is vermoedelik deur stakende munisipale werkers aan die brand gesteek.

Anton Roodt van Roodt Architects in Lilyvale, Bloemfontein, het die restourasie van die gebou behartig.

Alhoewel die nuwe gebou op die oog af min of meer dieselfde lyk as die oorspronklike, is daar tog ‘n paar veranderinge aangebring.