97 nuwe Covid-19-gevalle in Noord-Kaapse skole

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die Noord-Kaapse departement van onderwys die afgelope week 97 nuwe positiewe Covid-19-gevalle aangeteken.

Volgens ‘n verklaring wat deur die departement uitgereik is, sluit die totaal 14 opvoeders, 80 leerders en 3 ondersteuningspersoneellede in.

“Die departement het twee opeenvolgende weke ‘n aansienlike afname in Covid-19-infeksies beleef en ons hoop dat hierdie tendens in ons skole sal voortduur. Al 555 openbare gewone skole is tans oop en ten volle in bedryf, wat ‘n duidelike aanduiding is dat ons skole die nodige stelsels het om die voorkoming van Covid-19 te verseker en die verspreiding van hierdie dodelike virus te beperk,” lui die verklaring verder.

Afname in Covid-19-gevalle

Die departement wil verder alle opvoeders, ondersteuningspersoneel en leerders aanmoedig om ingeënt te word, om die maksimum beskerming van ons skoolgemeenskappe te verkry.

“Daar is bewys dat inentings veilig is en dit bly die enigste manier waarop ons onsself teen die Covid-19-virus kan beskerm. Die departement versoek alle skoolgemeenskappe om waaksaam te bly en te hou by die Covid-19-regulasies. Skoolgemeenskappe moet verseker dat ons die sosiale interaksie en beweging van ons kinders beperk om te verseker dat die skoolvakansie nie bydra tot ‘n verdere toename in infeksies in ons gemeenskappe nie.”

LEES OOK: Deurry troosdiens vir baba Isabella Stark vanaand

LEES OOK: Help vrywilligers wat tans brande bestry, laai donasies hier af

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.