16 beseer toe minibustaxi en motor bots

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPOORT. – Sestien mense is vanoggend beseer, waarvan drie kritiek, toe ‘n minibustaxi en ‘n ligte motor in Tsepisong, Roodepoort, gebots het.

‘n Verklaring van ER24 lui dat ER24-paramedici en ander dienste om 08:10 vanoggend op die toneel opgedaag het. ‘n Minibustaxi is op sy sy gevind.

Minibustaxi op sy sy na dit met motor bots

Verskeie passasiers het toe alreeds uitgeklim deur die taxidak wat tydens die botsing oopgeruk het. Drie vroue het kritieke beserings opgedoen, terwyl dertien ander ligte tot ernstige beserings gehad het.

Die beseerdes is behandel en die ernstig beseerdes het gevorderde lewensondersteuningsintervensies gekry voordat hulle per ambulans na nabygeleë hospitale vervoer is. Die drie ernstig beseerde vroue is per helikopter na nabygeleë hospitale geneem.

Die betrokke owerhede was op die toneel en sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

LEES OOK: Bekende Kimberley-veearts maak hart oop na brande

LEES OOK: DBV help sedert vroegoggend beseerde diere na brand

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.