OOS-KAAP. – Die speurders van Port St John doen ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van ‘n 32-jarige man wat Saterdag na bewering by die Air Strip-krans afgery het.
Man klim glo in motor en ry by krans af
Volgens sers. Kaya Matola-Mvanyashe, polisiewoordvoerder, word beweer dat vyf mense omstreeks 08:50 by die krans besig was om foto’s te neem toe die man glo in sy motor klim en dit aanskakel. Hy het toe glo met die voertuig by die krans afgery.
Dit het etlike ure geneem voordat die lede van die soek-en-reddingseenheid die liggaam gekry het. Die oorledene is as Zukisa Nkosiyaphantsi van Port St Johns geïdentifiseer.
LEES OOK: Deurry troosdiens vir baba Isabella Stark vanaand
LEES OOK: Help vrywilligers wat tans brande bestry, laai donasies hier af
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



