Klein Daniel Kerswell wat twee weke gelede in ‘n fratsongeluk onder sy pa se voertuig beland het, sterk nou goed by die huis aan.
Sy ma, Danelle Kerswell, het Maandag op die gebedsgroepie wat sy vir Daniel op Facebook gestig het, gesê dit gaan vreeslik goed met hulle “yster kind”.
“Hy het sy sandput, diere en mense so gemis!”
Sy sê ook Daniel se steke is uitgehaal, maar sy arm is steeds in ‘n sling. Hy vra glo ook gereeld wanneer dit afgehaal kan word.
Verder vertel Danelle op die gebedsgroepie dat Daniel en sy boetie Aydin se hondjie die Saterdag voor die ongeluk skielik dood is en dat ‘n barmhartige Samaritaan vir Daniel ‘n babahondjie as geskenk gegee het.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n lesersplatform van 300 000 lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd en word privaat befonds.
FiND iT het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.
Lees ook: Doen dit self: Wenk van die week



