Toergids op toer deur olifant doodgetrap

Deel hierdie storie / Share this story

LIMPOPO. – ‘n Toergids, vermoedelik in sy vyftigs, het noodlottige beserings opgedoen in ‘n aanval deur ‘n olifant op ‘n wildreservaat in Gravelotte, Limpopo, vanoggend.

ER24 beirg toe paramedici kort voor 11:30 op die toneel aankom, het hulle omstanders gevind wat KPR op die man toegepas het. Paramedici het oorgeneem en na ‘n ondersoek is gevind dat hy geen tekens van lewe toon nie. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Toergids op toneel dood verklaar

Daar word berig die toergids by die reservaat het toeriste op ‘n wildrit geneem om die olifante te besigtig. Tydens die rit is hy deur een van die olifante aangeval. Die toeriste het daarin geslaag om hom binne-in die 4×4-voertuig te kry en het met hom na die hek van die reservaat gery, waar omstanders onmiddellik resussitasie begin en die bloeding probeer stop het.

Die presiese omstandighede omtrent die voorval is nie aan ER24 bekend nie, maar die plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

LEES OOK: Bejaarde wat oggend in tuin werk, aangeval en vasgebind

LEES OOK: KYK: ‘Ek het haar klaar vergewe,’ sê dokter na sy vrou glo kinders vermoor

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.